Shimmy SKITTER OP 40!
Sy is nie ’n vrou wat jy in ’n boks kan druk nie, maar sy is beslis a force to be reckoned with!
Die veelsydige kunstenaar Shimmy Isaacs vier nie net vanjaar haar 20ste jaar in die vermaakbedryf nie, maar ook haar 40ste verjaardag! Mooier, slimmer, wyser en meer outentiek as ooit. En dit is in haar rol as Petra in kykNET&kie se telenovela, Arendsvlei, wat sy kykers laat kraai het van die lag, maar ook soms hul bors lekker warm gemaak het. Petra het ’n vlymskerp tong en gaan tot die uiterstes om haar kind te beskerm. ’n Karakter waarmee so baie van ons kan vereenselwig. En hoewel Shimmy nie tans te sien is in die reeks nie, is dit ’n karakter wat haar die geleentheid gebied het om haar outentieke self te wees, eg.“Dit is mos hoe vroue in ons gemeenskappe is – overbearing en overprotective, maar sout van die aarde. Met daai karakter kon ek myself inleef.”
Dié flambojante, uitgesproke en eerlike kunstenaar is al deur diep waters, maar sy weet die beste lê nog vir haar voor. Maar eers vat Shimmy ons eers terug na Worcester, haar komvandaanplek, waar alles vir haar begin het.
Shimmy het haar tuisdorp, Worcester, op 17-jarige ouderdom verlaat. Sy het nie veel gehad nie, behalwe die wete dat daar groter dinge vir haar wag. Sy het nie presies geweet wát vir haar wag
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days