ROMERIGE HOENDER MET PREIE EN SAMPIOENE
Hoender en sampioene bly ’n lekker kombinasie. Bak dit saam in ’n romerige sous en jy het koningskos op die tafel.
■ 6-8 hoenderporsies
■ Sout en varsgemaalde
swartpeper na smaak
■ 30 ml olyfolie
■ 2 preie, goed skoongemaak
en in ringe gesny
■ 6 bruinsampioene, in kwarte
gesny
■ 100 ml hoenderaftreksel
■ 100 ml room
Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoenderporsies met sout