Weg! Ry & Sleep

Waar sal ons staan?

Niemand storm ’n kampplek binne en slaan by die eerste beste staanplek kamp op nie. Hoekom sal jy jouself in ’n gaatjie inprop as jy op ’n ruim staanplek met die beste geriewe jou staan kan kry?

Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie, want jy is nie die enigste kampeerder nie. Iemand anders het waarskynlik klaar die “beste” staanplek beset. Ons almal het egter ook verskillende voorkeure, en daarom is die staanplek voor teen die see nie noodwendig vir jou die eerste prys nie, omdat jy – met jou drie kleinkinders wat saamgekom het – verkies om neffens die klouterraam en naby die ablusiegeriewe te kamp.

‘Ons kies vir jou’

By sommige vakansieoorde word jou staanplek vooraf aan jou toegeken. Maar niks keer jou om vir ’n ander staanplek te vra nadat jy opgedaag het en ’n kol sien waarmee jy gemakliker sal voel nie. Hiermee het oorde gewoonlik nie ’n pyn nie, behalwe in besige tye. Dit sorg vir sy eie uitdagings, want wie het nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
’n Spesiale Geskenk Vir Vrouedag
Die gedagte was dat die mans van die groep hegte Wes-Kaapse vriende weer ’n slag alleen reis, en dit het toevallig rondom Vrouedag geval. Dis toe dat die mans begin spot hulle afwesigheid – en natuurlik die gepaardgaande rus en vrede by die huis – sa
Weg: Ry & Sleep3 min read
Waar Gaan Die Tyd Heen?
Dit verstom my al hoe meer hoe vinnig die tyd deesdae verbyflits. Is dit net ek of het ons net nou die dag nog vir mekaar ’n voorspoedige nuwe jaar toegewens? Nou is die eerste amptelike blaaskans vir die jaar al op ons... As jy slim was en ’n bietji
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier

Related