Weg! Platteland

Ontmoet diemense

Kathryn Eybers en Ross Dwyer

Eienaars van die permakultuurplaas Numbi Valley

Toe hulle 18 jaar gelede ’n dooie stuk aarde buite De Rust koop, voosgetrap deur volstruise wat in kampe aangehou is, het die mense van die kontrei gedink Ross Dwyer en Kathryn Eybers is van lotjie getik om te dink hulle gaan hier boer, boonop volkome van die netwerk af.

Hulle het die grond laat toets en moes hoor nie eens olyfbome sal hier groei nie. Vandag staan daar 60 verskillende vrugtebome op Numbi Valley – dis die naam van die plaas, wat “borste” beteken (met verwysing na die vorm van die koppies) en nie ’n werklike vallei nie. In die geil sirkelbeddings van die permakultuurtuin waar die roterende span hoenders al die skrop-en bemeswerkdoen, groei ’n magdom groentesoorte wat hulle in weeklikse groentebokse verkoop en ook deel met gaste wat een van die twee selfsorgkothuise op die plaas huur. Verder het hulle hulle eie byekorwe en bied permakultuur-en strooisteenboukursusse aan, én Kathryn werk op aanvraag as joga-instrukteur en masseerterapeut. Die twee het alleen binne net nege maande ’n wonderlike temperatuurslim strooisteenhuis gebou met ’n vloer van los skalieklippe wat mettertyd verweer (vriende het soms handjie bygesit). Dit het hulle R30 000 gekos en al tegnologie wat hulle gebruik het, was ’n koordlose 12V-boor en kettingsaag. Platteland gaan binnekort weer ’n draai maak en beslis dié huis met sy eiervormige swembad huur.

“Ons moes aan die begin lank sonder enige inkomste klaarkom en leer om skeppend te werk met goed wat ons opgetel het. Vandag leef ons ongelooflik gemaklik; ons het regtig alles wat ons wil hê en nodig het, maar ons is glad nie meer groot verbruikers nie. Hoewel ons nie vegetariërs is nie, eet ons hoofsaaklik plante omdat ons dit self kweek. Soms ruil ons groente vir suiwel of goeie vleis en soms moet ’n mens darem geld uitgee op koffie of whisky…” lag Ross.

“Maar verder het ons nou ons ritme gevind om in harmonie met hierdie aarde te leef,” sê Kath.

Kontak

numbivalley.webs.com

numbivalley@gmail.com

072 191 8672 (WhatsApp)

Gina Muller en Karin Theron

Bestuurders: De Rust Services

Karin Theron se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland12 min read
SUTHERLAND Koue Dorp Vol Warm Harte
Iemand wil weet of Sutherland ’n Woolworths Food het. Nee, antwoord jy, die plekkie is hopeloos te klein vir so iets. “Maar daar is darem seker ’n Checkers, Pick ’n Pay en so aan?” Nee, nee! Die enigste behoorlike winkel op die dorp is ’n klein OK Fo
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi

Related