SARIE KOS

Bravo JAN!

Nice is geleë aan die Côte d’Azur, oftewel Franse Riviera. ’n Antieke stad met tipies Franse argitektuur en die blouste blou see. Die koskultuur is ’n mengelmoes van tradisionele Franse smake met sterk Italiaanse invloede vanweë die stad se ligging naby die grens met Italië. Nice is om presies te wees 11 221,5 km van Middelburg af, so Suid-Afrikaanse kos sal jy moeilik hier vind.

Sodra jy jou voete in Nice sit, sal almal dadelik vir jou sê jy moet seker maak jy eet pissaladière – ’n tradisionele platbrood, amper soos pizza, maar gelaai met gekaramelliseerde uie, swart olywe en ansjovis. Jou eerste gedagte is waarom sou Jan Hendrik juis hiér ’n restaurant oopmaak wat Suid-Afrikaanse kos bedien. Kom ons wees eerlik: ’n Mengsel van uie, olywe en ansjovis is baie ver verwyderd van hoe ons in Suid-Afrika eet.

Tog het hierdie Afrikaanse plaasseun van Middelburg daarin geslaag om in ’n agterstraatjie van Nice ’n restaurant te begin wat die wêreld aan die praat gekry het – iets waaraan hy lank beplan het. Hy het eens op die seiljagte van die rykes van Monaco gewerk en sou dan gereeld Nice besoek. “Ek het lank gesoek na die perfekte perseel waar ek JAN kon begin. Toe ek die gebou sien waar JAN tans staan, het ek geweet dis die plek; jy weet net so iets

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS7 min read
SAMPIOEN-KAMPIOEN Apteek In Die Kleine
● Sampioene, gesond en lekker● In quiche met net vyf ander bestanddele● Nuwe manier vir aartappelgebak Ötzi, die ysman wat sowat 5 300 jaar gelede geleef het, het ’n sampioen saam met hom na sy ysgraf geneem – ’n hulpmiddel om in Noord-Italië se Alp
SARIE KOS7 min read
Presto! Pesto
● ’n Vrou se kragtoer ● Waar kom die naam vandaan?● 6 resepte met pesto Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou

Related