SARIE

’n GROOT KLEIN KERSFEES

Kersfees is die perfekte tyd om alles uit te pak op die tafel. Komons pak saam uit

'Ek was ’n regte klein bliksem onder daai boom,” sê Jan Hendrik met ’n lag wanneer hy aan sy kinderdae dink. “Presente het my mal gemaak. Ek’t die boksies beloer en gaatjies daarin gemaak wat ek later weer toegeplak het.”

Omdat niemand in sy familie so mal was oor Kersfees soos hy nie, het hy self die Kersboom opgesit. Sommer aan die begin van Desember het hy begin goed hang sodat dit teen Kersdag lekker vol was.

“Jy sien mos hoe die tannies hul Kersbome doen – dit was ’n helse ding – só ek het ook seker maar ’n tannie begin word. Die boom het elke jaar ’n ander tema gehad. Een jaar was dit volstruis, die volgende tarentaal, dan was daai hele boom vol vere. Tot die eiers is opgehang.”’n Amerikaanse TV-program oor Richie Rich – “’n outjie met ’n moerse Kersboom wat só hoog staan” – het die plaaskind aangespoor om groot te droom.

Maar Ouma se feesmaal was die hoogtepunt van elke Kersfees. Die kiekie van Kerskos wat eerste by hom opkom, is haar pavlova met rooswater en rooi vrugte.

“Ons het nie gammon geken as kinders nie. My ouma se gestopte wildsboud het vir dae in die oond gebak. Of dalk gewone skaap-of varkboud met appels. En gestolde slaai,” onthou hy. “Sy’t altyd ’n lietsjieen-garnaalslaai gemaak met mayonnaise en blare. Dis met paprika besprinkel en in mooi glasies bedien. Dis daai lekker kitsch wat so fabulous is. Natúúrlik was die lietsjies uit ’n blik en die garnale bevrore,” sê hy, “met Hellman’s mayo, maar dan’t sy hom goed opgezoosh. Dit was net te heerlik.”

As grootmens was Kersfees in Parys vir Jan Hendrik ’n belewenis. “Dis ’n voorreg om Kersfees hier as ’n local te beleef. Elke winkel is met tossels behang en vol dennebome. Die kos is net soveel meer geglasuur en kleurvol. Die Franse doen ’n baie mooi ding: Hulle koop net wat hulle nodig het, niks oorbodigs nie en net van goeie gehalte. Nie net met die feestyd nie.”

Jan Hendrik het ook ’n tipiese wit Kersfees in New York beleef. “Dit was mooi, maar dis darem net te koud vir my. Nee, ek het nie daarvan gehou nie,” bieg hy.

Soos die Kersboom-temas van sy kinderdae verander Jan Hendrik se idee van die ideale Kersfees van jaar tot jaar.

“Klein JAN is vanjaar my groot ding, so dit gaan vir my regtig oor kontreikos en familie. Ek wil iets eenvoudigs en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Só Oulik! Opvreetbaar Skattig!
Die Barbie-fliek is deurweek met pienk en blinkertjies, besaai met linte, harte en polkakolle: ’n Heelal van skatlikheid. As jy die internet moet glo, is die oulikste ding in die fliek egter nie die gelyknamige heldin nie. Dis haar maat, Ken. Margot
SARIE8 min read
ODELLE DE WET Asem In... Asem Uit
Sy kan haarself soos ’n pretzel knoop. Lank en atleties doen sy dit boonop met swier, grasie – dit lyk maklik, man! Odelle de Wet het met joga en meditasie begin as ’n manier om daagliks “vrede te probeer vind”. En só ’n teenvoeter te kry vir toneels
SARIE7 min read
TERUG & TUIS IN SA
Dis lankal nie meer vreemd as iemand in jou vriendekring of selfs familie aankondig hulle gaan die land verlaat nie. Soms voel dit asof ’n mens daagliks op sosiale media sien hoe nog mense oppak of ’n nuusberig lees oor hoe die ekonomie seergemaak wo

Related