DIE lewer is een van die belangrikste organe in ons lyf, maar ons is gewoonlik nie eens bewus daarvan nie – behalwe as daar iets ernstigs fout is met dié orgaan! Anders as ons maag wat grom sodra ons honger is of ons hart wat wild klop wanneer ons benoud voel, doen die lewer sy werk meestal suutjies agter die skerms.
Alle vertebrate (werweldiere) het ’n lewer. Die lewer is die grootste inwendige orgaan en is – saam met die hart