Avontuur Afrika

Barge se pret & plesier

Nadat ons reeds vir twee dae die pragtige Tuinroeteomgewing verken het en verwonderd gestaan het voor God se uitsonderlike skepping, het ons koers gekies na die Montagupas – waar selfs meer skouspelagtige uitsigte op ons gewag het.

Hierdie pas, wat beskou word as die oudste, onveranderde pas wat vandag nog in Suid-Afrika gebruik word, was die eerste behoorlike pad tussen George en Oudtshoorn en is in 1848 geopen. Die pas – wat oor 17.1km se skilderagtige, nou grondpad strek – is oor ‘n periode van ongeveer drie jaar deur sowat 250 gevangenes en teen ‘n koste van £36 000 gebou. Dit is gebou om die uiters gevaarlike en uitdagende Cradockpas – wat vandag steeds bestaan, maar slegs as ‘n uitdagende staproete gebruik word – te vervang.

Vernoem na John Montagu, die destydse koloniale sekretaris van die Kaap, is die ligging van hierdie pas aanvanklik deur Charles Michell vasgestel, maar die finale opnamewerk is deur dr. W Stanger gedoen. Konstruksie van die pas het in 1844 onder toesig van mnr. H.O. Farrell begin, waarna Henry Fancourt die projek oorgeneem het. Fancourt, wat in 1811 in Covent Garden gebore is, het op 17-jarige ouderdom na Australië gereis om sy pa, wat gedeporteer is,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
Vyf Veldry-roetes Om Jou Vyfdeur Te Toets
Hierdie gewilde 4x4-speelgrond, sowat 100km noord van Pretoria, bied ‘n 80km-lange roete, wat enigiets van 10 ure tot twee dae sal neem om te voltooi. ‘n Laestrek-ratkas en goeie grondvryhoogte is egter ‘n voorvereiste en bestuurders moet deur ‘n gid
Avontuur Afrika1 min read
TEKEN IN & WEN
‘n Toer saam met Ultimate Adventures na die Richtersveld Nasionale Park in die Noord-Kaap, met die laaste nag by die Augrabieswaterval Nasionale Park. Geleë in Suid-Afrika se noordelike Namakwaland, is die Richtersveld ‘n bergagtige woestynlandskap w
Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens

Related