Landbouweekblad

PERFEKTE PASTEI

MAAK JOUEIE PASTEIDEEG

Hierdie twee soorte pasteideeg is makliker en vinniger om te maak as tradisionele blaar-of skilferkorsdeeg.

MAKLIKE WARMWATERDEEG

4 x 250 ml koekmeel
500 g botter of volvetmargarien
250 ml kookwater
15 ml sout

Sit die meel in ’n mengbak. Sny die blok botter of margarien in 4 ewe groot stukke. Snipper 3 van die stukke botter of margarien kleiner en sit dit in ’n aparte bak. Gooi die kookwater daaroor en laat staan sodat die botter kan smelt. Vries die oorblywende kwart van die botter of margarien. Voeg die sout by die meel en voeg die botter-en-kookwatermengsel daarby. Meng tot ’n sagte deeg vorm. Bedek en laat afkoel tot kamertemperatuur. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en rasper die bevrore stuk botter of margarien daaroor. Vou die deeg toe oor die gerasperde botter. Rol dit weer uit en vou dit weer toe. Herhaal die proses nog twee keer. Bedek die deeg lugdig en sit dit in die yskas tot nodig, of vries vir tot twee maande. Gebruik soos nodig. Lewerongeveer 1,5 kg deeg.

MELKDEEG MET BRUISMEEL

• 4 x 250 ml bruismeel
• 2 ml sout
• 250 g botter of volvetmargarien
• 350 ml melk

Meng die meel en sout saam en vryf die botter of margarien daarby in tot krummelrig. Voeg die melk bietjie vir bietjie by tot ’n deeg vorm. Verkoel vir minstens 1 uur voor die deeg gebruik word. Lewer 1 kg deeg.

Warm oond = bros kors. Die een ding wat jy nie wil hê as jy pastei voorsitnie, ispap, sousdeurdrenktedeeg. Om te verseker dat pasteideeg bros bak, sorg dat die oond baie warm is as die pastei oond toe gaan. Vir pasteie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related