TOE die heel eerste televisieuitsending in Suid-Afrika op 5 Januarie 1976 gedoen is, het min mense in die land al dié toestel van die toekoms besit.
In die buurt Portlands in Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte was die Martin-gesin een van die min huishoudings met ’n kassie in die leefkamer.
Klein Jolene, haar ouers se oudste kind, was nog nie eens gebore nie; haar loopbaan op die skerm nog ver in die toekoms. Maar die televisie het toe al haar gesin se lewe kom verander.
“Almal wat daardie tyd ’n televisie gehad het, was die dik dinge in die gemeenskap – en ons was dié mense in Portlands,” vertel Jolene (43).
Toe sy in die 1980’s ’n kind was, het sy eerstehands beleef watter wonder