KykNET / *144 / Weekdae 19:30
Ons het so gehoop om weer binnekort ’n troue in Binnelanders te sien, en meer spesifiek vir Tracy (Melinda Viljoen), ’n groot gunsteling onder kykers, en Conrad (Hykie Berg). Maar die trouklokke gaan beslis nie vir dié paartjie lui nie. Veral nie wanneer Conrad instap presies wanneer Tracy se lyfwag Lukas (André Lötter) Tracy soen nie.
“Dit is ’n koebaai-soen,” sê Melinda.