Op Saterdag 13 Augustus vanjaar, toevallig ook my verjaardag, ry ek Ballito toe vir ’n paar dae ná my knievervanging. Ek sien daarna uit en die volgende dag begin ek voel of ek so effens ontspan.
Die volgende Maandag kom die nuus dat Suid-Afrika in is, dié keer nie weens covid-19 nie, maar as gevolg van bek-en-klouseer. My eerste gedagte is dat ek niks hieraan kan doen nie, maar net daarna tref die werklikheid. Daar is stoetveilings geskeduleer vir die week en in baie gevalle is dit groepsveilings waarheen die diere reeds