Landbouweekblad

Winsgewender beeste, vinniger!

Die kombinasie van presiese meting, ’n eksperimentele benadering en ’n gesoute sakebrein het daartoe gelei dat ’n “aftreeboerdery” die een eerbewys ná die ander opraap.

Nie net is mnr. Riaan Theron as Molatek, Landbouweekblad en Breedplan se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar aangewys nie, maar hy het ook reeds Breedplan se vyfster-eerbewys vir prestasietoetsing vir sy wit én sy rooi kudde ontvang.

Theron en sy vrou, Helena, boer op die plaas Italie naby Koppies in die NoordVrystaat waar hul RAT Brahman-stoetery die kern van die boerdery is. Hulle het ook ’n kommersiële vleisbeeskudde wat uit verskillende vleisrasse saamgestel is. ’n SA Vleismerino-stoetery, kommersiële vleisskape en ’n klein lêhenboerdery is die jongste toevoegings.

Theron het in 2004 sowat 400 kommersiële vleisbeeskoeie gekoop en die kudde aangehou op die plaas van ’n boer van Koppies. Kort daarna het hy die plaas Italie gekoop en sy beeste daarheen verskuif. Hy het ook 30 wit Brahman-stoetkoeie gekoop en ’n verdere 30 in ’n vennootskap bekom. In 2006 het hy die RAT-stoetery geregistreer.

Hy het later ook rooi Brahmane by onder andere mnr. Burnie Staal van Kroonstad gekoop.

“Ek het van meet af besef ’n teler kan nie vooruit boer as hy nie meet en weeg nie,” sê Theron, wie se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related