Huisgenoot

Familievrou VANFAAM

HAAR pligsgetrouheid teenoor haar land en mense was dalk diekoningin se dryfveer. Maar haar naastes en geliefdes was die middelpunt van haar bestaan en haar verhoudings met haar uitgebreide familie het ’n groot rol gespeel in die vrou wat sy was.

HAAR GELIEFDE OUERS

Die jong prinses Elizabeth het dit nooit verwag om koningin te word nie – tot haar oom Edward van die troon afstand gedoen en haar pa dit as koning George VI bestyg het. Haar lewe het oornag verander toe sy op elf skielik die Britse troonopvolger word.

Namate sy van Lilibet na die toekomstige koningin Elizabeth II gevorder het, het haar ouers se lesse en leiding gehelp om haar vir haar belangrike rol te slyp.

Die koninginmoeder was bewus van haar dogtertjie se natuurlike skugterheid. “Stap by die middel van die deur in,” was die raad wat sy vir Elizabeth gegee het om haar meer selfversekerd te help voel.

“In haar jonger jare het die koningin verskrik gevoel as sy by ’n vertrek vol mense moes instap,” verduidelik lady Prudence Penn, ’n voormalige hofdame vir die koninginmoeder en ’n vriendin van die koningin.

“Haar ma se raad was: ‘Wel, as jy by ’n vertrek instap, moet jy deur die middel van die deuropening loop.’ Daarmee het sy bedoel: Moenie half verskonend instap nie, stap in asof jy wil sê ‘ek is in beheer’. Ek dink dit was baie goeie raad.”

Elizabeth se kinderjare was gelukkig. Haar pa het na haar as sy “trots” en Margaretassy“vreug” verwys.

Hy was inderdaad ontsettend trots op sy eersteling, het die meisies se goewernante, Marion Crawford, in die boek The Little Princesses geskryf.

“Hy het na haar gekyk op ’n manier wat ’n mens ontroer het. Hy was nie iemand wat met sy hart op sy mou geloop het nie en Lilibet het na hom geaard. Sy was ook teruggetrokke en stil oor haar gevoelens. As jy haar liefde eers gewen het, het jy dit vir altyd gehad – maar sy het dit nooit maklik gegee nie.”

Elizabeth en haar pa het ’n buitengewoon sterk band gedeel, sê die koninklike fotograaf Lisa Sheridan. “Hulle het hul eie grappies gehad. Daar was ’n spesiale intimiteit, dieper as wat die gebruik in ’n gewone gesin was.”

Koning George en sy dogter het lang wandelings by Sandringham, Balmoral en Windsor onderneem terwyl hy haar oor die koninkryk en sy sienings oor

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Bianca Terblanche Oor Harry De Villiers
DIT was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Allesbehalwe. Ek het ’n ander ou gedate toe ek vir Harry ontmoet het. Hy was amper 10 jaar ouer as ek. Ek en sy broer was saam op skool op Aliwal-Noord. Ons paaie het in 2015 die eerste keer gekruis. E
Huisgenoot8 min read
Die Klank Van Sy Lewe
ELTON John het in 1987 ’n keeloperasie gehad wat sy stem verander het. Rod Stewart het in 2000 gehoor hy het skildklierkanker en kon nege maande lank nie sing nie. Luciano Pavarotti het groeisels aan sy stembande gekry omdat hy aan die begin van sy l
Huisgenoot4 min read
Hoekom Grom My Maag Soms?
‘WAT dink julle van dié een?” vra Bibi en hou ’n geel top met kolle in die lug. Sy is besig om deur ’n klomp klere te gaan sodat sy kan besluit watter klere sy moet hou en watter klere sy moet uitgooi. “Mal daaroor. Jy lyk baie mooi in geel, so ek di

Related