Huisgenoot

Die lewe van ’n VORSTIN

’N GEWONE DAG IN HAAR LEWE

OGGEND

Die dag het om halfagt begin wanneer ’n lid van haar personeel aan die kamerdeur geklop het met ’n skinkbord met ’n pot Earl Grey-tee en bekertjie koue melk, maar nie suiker nie.

Haar bad is om agtuur getap terwyl sy na BBC Radio 4 luister. Een van drie kleders onder toesig van Angela Kelly, die kurator van haar klerekas, het haar uitrustings vir die dag help voorberei en aantrek.

Ontbyt was om halfnege: jogurt, vrugte en graanvlokkies, soms met roosterbrood en marmelade agterna, bedien deur ’n kelner in ’n swaelstertpak. Sy het dan die oggendkoerante deurgeblaai en die perdewedrenseksies gelees. Ná ontbyt het ’n doedelsakspeler dikwels vir haar voorgespeel.

Sy het by die lessenaar in haar sitkamer van die briewe gelees wat sy ontvang het en ’n paar beantwoord, met ’n hofdame wat die res beantwoord het.

Haar privaat sekretaris het die koningin se spesiale rooi boks afgelewer met belangrike staatsdokumente daarin. Sy het dit gelees en die dokumente onderteken wat haar goedkeuring vereis het. Sy het ook ’n opsomming van die dag se nuus deurgelees wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related