L.W.: Kry die webadresse van die verskillende stroomplatforms op bl. 7 onder “tvplus stroom”.
ANDOR
DISNEY+ | 2022 | SCI-FI | SEISOEN 1 | KYK VANAF WO. 21 SEP.
Die rebelse kaptein en spioen Cassian Andor (Diego Luna) het as ’n held gesterf in die fliek Rogue One: A Star Wars Story terwyl hy die belangrike Death Starplanne gesteel het. Maar net vyf jaar tevore was hy ’n nietige skelm op ’n vergiftigde kwynende planeet. Dié lewende aksiereeks verken sy reis saam met dié van die diplomaat Mon Mothma (Genevieve O’Reilly) wanneer sy agterdog probeer vermy terwyl die Galactic Empire sy Fascistiese beheer van sterrestelsels verstewig.
THAI CAVE RESCUE
NETFLIX | 2022 | DOKUDRAMA | SEISOEN 1 | KETTINGKYK VANAF WO. 21 SEP.
Dié Thaise drama (met Engelse onderskrifte) is gegrond op die internasionale poging om die Wild Boars-jeugvoetbalspan in