Julle sê ...
VIVA OUER WORD!
Ek word vir die eerste keer met my ouderdom gekonfronteer toe ek vir die laaste keer my lessenaar ontruim, my persoonlike besittings in my tas pak, finaal die klaskamerdeur agter my toetrek, vir oulaas by die skoolhek uitry. Afgetree, my spertyd verby, rakleeftyd verval.
Die diakensvrou klop aan die deur met ’n pakkie koekies, “want almal van tannie se ouderdom, en ouer, kry koekies van die kerk vir Kersfees”.
My kinders skenk vir my verjaardag vir my ’n verjongingskuur by ’n skoonheidsalon.
Ek beland in die hospitaal vir ’n klein operasie, toe die verpleegster my vra “of die tantetjie met die pienk kamerjassie ’n ou soppetjie en ’n teetjie sal geniet”.
Ek kom agter dat ouer mense se menswees, kos en klere dikwels tot ’n potsierlike, dwergagtige bonsaitjie gereduseer word.
Eertydse sterk, fris mans kry ’n
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days