Patatsop
Dié sop is heerlik vullend en jy hoef nie groot porsies te bedien nie. Sit voor met lekker vars brood en jy gaan wens die winter eindig nooit nie. genoeg vir 6-8
20 ml kerriepoeier
60 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 appel, geskil en gerasper
15 ml fyngerasperde vars gemmer
800 g (sowat 5) patats, geskil en in blokkies gesny
400 g-blik rooi lensies, gedreineer
1 200 ml groenteaftreksel
300 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit ’n middelslagpot oor matige hitte. Droogbraai kerrie so 20 sekondes. Voeg olyfolie by en verhit tot kerrie braai. Voeg uie en