DIE MAN WAT SY EIE KATEDRAAL GEBOU HET
EEN laataand in die lente van 2018 sê Justo Gallego Martínez hy sal vir my sy graf wys. Die ou man maak sy hande by ’n stoof in die halfdonker agterkamer van sy katedraal warm. ’n Laag stof bedek die betonvloer. Die rakke en tafels is vol oudhede, skroewe, houtskaafsels, fyngemaakte glas, halfgeëete brode. ’n Enkele gloeilamp baai die vertrek in geel lig.
“Ek wil hier begrawe word,” sê Justo, en beduie om hom na die katedraal se spelonkagtige middeskip en 20 trillende torings wat oor duisende vierkante meter van sy grond aan die buitewyke van die Spaanse hoofstad, Madrid, uitstrek.
Die katedraal se kelder sal eendag sy graf wees. En hy sal daar begrawe word, want dit is sý katedraal. Hy het dit geheel en al in sy kop ontwerp, sonder ’n enkele skets, berekening op papier of rekord van enige van die materiale wat hy gebruik het. En hy het dit grootliks self gedoen.
Ek sit naby Justo in die skemerlig en kyk hoe die vuur daar naby skaduwees oor sy gelaat laat val. Hy is amper ’n eeu oud, sy gesig net vel en been, maar energie pols steeds deur hom.
“Kom, laat ek jou wys,” brom hy.
Justo kry my aan die arm beet, hys homself van sy sitplek af op en lei my by die deur uit. Sy blou jas hang aan sy lyf soos nat klere aan ’n waslyn.
Buite doem die onbedekte raam van ’n 35 m hoë, 10 m breë koepel bo ons op. Die middeskip is bedek met ’n gewelf
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days