Kuier

GRU-ONGELUK EIS DRIE GELIEFDES

Daar’s ’n doodsheid in Lauren Carolus se oë. Sy huil nie wanneer sy praat oor die ongeluk wat op 23 Oktober verlede jaar die lewe van haar vierjarige dogter, haar man en haar ma geëis het nie. Dis asof haar trane opgedroog het.

Net Lauren (30), haar babadogter,Taliyah, en haar een broer, Luke Geduldt (20), het daardie verskriklike Saterdag oorleeftoe hul Peugeot206 sonder brandstof gaan staan en ’n vermeende dronkbestuurder van agter in hulle vasgejaag het.

“Kan jyjou indink,” sê Lauren,“dat petrol die laaste ding was waaroor ek en my man met mekaar gepraat het? Nie hoe lief ons vir mekaar is nie. Nie hoe baie ons vir mekaar omgee nie. Pétrol.”

“Daarisnet ’n 1,5 liter-kannetjie,” het hy aan haar gesê nadat hy in die kar se boot gekyk het met die gedagte om brandstof by ’n garage te gaan haal.

“Dit gaan maar min petrol wees,” was haar laaste woorde aan hom.

Oomblikke later is Kurt (30) vermink toe hy 30 meter ver saamgesleep is deur die swart vierwielaangedrewe Isuzu-bakkie wat hulle getref het.

“Ek kon hom nie eens groet nie. Hy is in ’n mortuary van kom haal,” sê Lauren, en sy staar doer in die verte.

Haar ma, Yolande Geduldt (51), het op slag gesterf en in die pad gelê. Lauren se sterwende oudste,Taralee, het bo-op haar beland waar sy in die kar vasgepen was. Maar in daardie stadium het Lauren nog geglo haar dogtertjie sou, ondanks erge breinbeserings, oorleef.

Dit was eers heelwat later

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Zaida Swart, Haidee Muller-Isaacs, Maretha Botes, Enrico Claassen, Chrislyn
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier1 min read
Arendsvlei Toets Jou Kennis
1 In watter jaar het die sepie sy debuut gemaak? 2 Janice is nou die eienaar van Mortlocks, maar aan wie het dit eers behoort? 3 Wie is die pa van Wendy se dogter, Debra? 4 Watter Galant woeker ook agter die skerms as regisseur? 5 Watter veteraanaktr

Related