Huisgenoot

BAK IETS SPESIAALS

KAASKOEK-KARAMEL-BROWNIES

LEWER 20 GROOT BROWNIES BEREIDING EN BAK: 120 MIN.

BROWNIES

◗ 185 g botter
◗ 120 g donkersjokolade
◗ 5 ml (1 t) kitskoffiepoeier
◗ 3 eiers
◗ 180 g (225 ml) donkerbruinsuiker
◗ 100 g (190 ml) meel
◗ 40 g (100 ml) kakaopoeier, plus ekstra vir bestuif
◗ 5 ml (1 t) bakpoeier
◗ 2,5 ml (½ t) sout
◗ 120 g donkersjokoladeskyfies in 5 ml (1 t) meel gemeng
◗ 1 blik (360 g) karamelkondensmelk
◗ 100 g (160 ml) geroosterde, gekapte haselneute, effens gesout (opsioneel)

BOLAAG

◗ 300 g roomkaas
◗ 80 g (95 ml) strooisuiker
◗ 2 eiers
◗ 5 ml (1 t) vanieljegeursel of vanieljesade van 1 peul
◗ 15 ml (1 e) meel

1 Brownies Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n 21 x 29 cm-bakpan en voer met bakpapier uit.

2 Plaas die botter, donkersjokolade en kitskoffiepoeier in ’n klein kastrol oor lae hitte en roer tot gesmelt. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

3 Klits die eiers en suiker saam tot lig en skuimerig, en voeg dan die afgekoelde sjokolademengsel by. Klits liggies tot gemeng.

4 Sif die meel, kakaopoeier, bakpoeier en sout saam en vou dit by die sjokolademengsel in vir die beslag.

Vou die sjokoladeskyfies in en skep die beslag in die voorbereide bakpan. Maak die bokant gelyk en bak

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
’n Beter Lewe Vir Elijah
DIE blondekoppie sit knus op sy ma se skoot, en Michanka van Zyl skep met ’n teelepel van die koffie uit haar koppie en voer dit vir klein Elijah. Die mannetjie drink gulsig aan die boeretroos. Hy is al een jaar oud, maar hy kan nie self ’n lepel na
Huisgenoot4 min read
Is Daar Meer Geboue As Bome?
BIBI sit saam met Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd en ryg krale in. Hulle gebruik stukkies gekleurde papier en karton om die allermooiste juweliersware en versierings te maak. Bibi kom by die boomhuis ingestap. Op die tafel lê ’n rooi koever
Huisgenoot4 min read
Raaisels
WEN ’N BOEK VAN TAFELBERG PLUS KOM IN AANMERKING VIR DIE MAANDELIKSE TREKKING VAN R1 000. NO 2 542 KOMPETISIEVRAAG Watter soort wapen is ter sprake? As jy vashaak, kan jy gerus ander lesers se raad vra op ons Facebookblad met die naam Huisgenoot-Blok

Related