SARIE KOS

’N STASIE VAN GOEIE KOS

1 Vertel vir ons wie Mynhardt is.

Ek is die somtotaal van ’n klomp ryk lewenservarings – groot hoogtepunte, laagtepunte, harde werk en ’n baie kleurvolle lewe gevul met hartsmense, mentors, kos-ikone en omgeemense wat my gevorm het tot op hierdie punt. Ek wou graag hulde bring aan almal wat deel was van my lewe sover en ek hoop lesers sien Mynhardt se hart in die boek.

2 Wat maak hierdie boek van jou uniek?

Dit vertel my storie. Soos wat ek die boek aanmekaargesit en begin skryf en vertel het, het ek net weer besef hoe geseënd ek was en is en hoe daar niemand anders soos ek is nie. Die boek reflekteer hierdie gedagtes en is gevul met alles en almal vir wie ek lief is.

3 Jy is nie bang vir kleur nie, van jou dekor tot die kos op jou borde. Waarom is kleur vir jou so belangrik?

Ek dink kleur was maar nog net altyd daar. Dit was nie ’n doelbewuste besluit nie, maar so ’n integrerende deel van wie en wat ek is, dat ek nie kan keer om dit te laat uitkom nie. Elke keer as ek

’n huis begin versier of verf, dan dink ek oukei, miskien kalmer en rustiger dié keer . . . en wanneer ek myself kry, dan vloei die kleure weer. Kleur vertel ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS7 min read
Presto! Pesto
● ’n Vrou se kragtoer ● Waar kom die naam vandaan?● 6 resepte met pesto Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS3 min read
Ons Hou Van
Staan nader, alle kaasliefhebbers. Dié klassieke Chevin-bokmelkkaas is een van die eerste kase wat op die plaas Fairview in die Paarl gemaak is en hul gewildste bokmelkproduk. Die kaas is roomsag en kan gebruik word in enigiets van souttertjies en sl

Related