SARIE KOS

NET 7 BESTANDDELE

GNOCCHI IN ROOMSOUS

Gebruik feta en kruisement vir dié lekker pastagereg. Kasslertjops gee die sous sy unieke rookgeur.

genoeg vir 4-6

1. 1 ui, gekap
2. 2 knoffelhuisies, gekap
3. 4 kasslertjops, in blokkies gesny
4. 500 ml room
5. 4 takkies kruisement, fyngekap
6. 500 g gnocchi
7. 2 wiele feta, in blokkies gesny
+ olyfolie vir braai, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot braaipan tot warm. Voeg uie en knoffel by en roerbraai vir 1 minuut. Voeg kasslerblokkies by en braai verder vir 2-3 minute of tot vleis begin verbruin. Gooi room by en bring tot kookpunt. Laat kook tot room met helfte afgekook het en ’n romerige sous vorm. Verwyder van hitte en roer kruisement by. Bring pot met water tot kookpunt en kook gnocchi volgens aanwysings op pakkie. Dreineer en voeg by roomsous. Geur goed met sout en peper. Sprinkel feta oor en sit voor.

OONDGEBAKTE TAMATIES EN MOZZARELLA MET

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die

Related