IN MY STYWE, SEER VEL
Mar 18, 2022
4 minutes
Deur PIETER VAN ZYL
Foto’s:
ER LOMBARD
WANNEER ’n mens haar die eerste keer sien, kan jy maklik dink sy is ’n oorlewende van ’n ongeluk waarin sy brandwonde opgedoen het.
Die vel op haar gesig is so styf gespan dat dit lyk asof enige lyn of plooi weggesmelt het. Dit laat ook haar lippe van haar tande wegtrek. En weens die verharde vel het haar neusvleuels so verdik dat dit haar neusgate byna toedruk.
Toe Ilze Groenewald ons by die hekkie van haar ouerhuis in die Paarl kom groet, hou sy haar hande saamgetrek teen haar bors. Met haar lyf wat kromgetrek is, lyk sy so tingerig soos ’n tinktinkie, maar in haar hart brand leeuemoed – genoeg om te stry teen ’n seldsame
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days