Rooi Rose

KOS + WYN = perfekte pasmaats

Eend-ragout met pappardelle-pasta

GENOEG VIR 6

PERFEKTE PASMAAT

ALTO CABERNET SAUVIGNON MET SY SMAKE VAN PRUIM, SWARTKERSIE, SPESERYE EN CASSIS PAS PERFEK BY DIE RYK GEURE VAN DIE EEND MET DIE TITSEL CHINESE VYFSPESERYE.

 1,8 kg heel eend, of eendstukke
 1 ui, geskil en fyngekap
 1 klein wortel, gekap
 2 knoûelhuisies, geskil en fyngekap
 2 lourierblare
 250 ml (1 k) Alto Cabernet Sauvignon
 1 x 400 g-blik heel geskilde tamaties in sous
 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
 3 groot takkies roosmaryn
 2 ml (¼ t) Chinese vyfspeserye (te kry by Woolworths)
 sout en gemaalde swartpeper
 15-30 ml (1-2 e) heuning na smaak
 pappardelle-pasta vir opdiening. (Pappardelle is breë pastalinte wat die sous mooi dra, maar jy kan ook tagliatelle gebruik)
 gerasperde parmesaan vir opdiening

Sny die rugbeen aan albei kante van die eend met ’n kombuisskêr uit. Lig uit en gooi weg. Sny ook enige sigbare vet van die eend af. Sny die eend in kwarte. Verhit ’n groot, diep swaarboompan oor hoë hitte en verbruin die eend velkant na Braai die uie, wortel, knoffel en lourierblare in dieselfde pan in die vet tot sag. Gooi die rooiwyn by en kook vinnig af. Krap die stukkies wat in die pan vasgebrand het met ’n houtlepel los. Voeg die tamatie in die sous, aftreksel, roosmaryn en Chinese vyfspeserye by die uiemengsel. Druk die tamaties met ’n vurk in die sous fyn. Sit die eendstukke terug in die sous. Maak met ’n deksel toe en laat prut saggies vir 2 uur oor lae hitte tot die eend sag is en van die been afval. Lig die eend met ’n knyptang uit die sous en trek die vleis met 2 vurke van die been af. Hou die vleis eenkant en gooi die bene weg. Skep enige oortollige vet van die sous af en verhoog die temperatuur. Kook die sous af vir sowat 30 min. of tot dit met ⅔ verminder het. Proe en geur na smaak met sout, swartpeper en heuning. Roer die repies vleis deur die sous en verhit tot deurwarm. Skep die ragout op die pasta, rasper parmesaan oor en skink ’n glasie Alto Cabernet Sauvignon.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke
Rooi Rose5 min read
’n Pa se HART
Ek wou altyd ’n pa wees,” vertel Duane Vermeulen telefonies uit Durbanville. Sy vrou, Ezel, gesels net so lekker saam. “Duane se pa is oorlede toe hy maar agt was, en ek dink dit was vir hom belangrik om ’n pa – en ’n goeie pa – te wees.” Op die agte

Related