SARIE

SA vroue skitter in fliekwêreld

Verlede jaar het die plaaslike filmwêreld omtrent gegons toe Respect, die rolprent oor sanger Aretha Franklin se lewe, met die Suid-Afrikaner Liesl Tommy as regisseur, teaters tref.

Liesl het natuurlik reeds in 2016 naam gemaak toe sy die eerste vrou van kleur was wat vir ’n Tony benoem is vir haar regie van die Broadway-toneelstuk Eclipsed. Maar ’n Hollywood Studio-produksie as jou eerste fliek, met Oscar- en Grammy-wenners soos Jennifer Hudson, Mary J. Blige en Forest Whitaker as spelers, is ’n perd van ’n ander kleur. “Ek het gedink ek sal só gestres wees op stel, maar toe is elke dag so gelukkig. Dit was ’n droom wat bewaarheid is,” het sy in onlangse onderhoude vertel.

Vervaardiger Scott Bernstein het gesê dis juis Liesl se agtergrond as Suid-Afrikaner wat haar die perfekte regisseur vir die rolprent gemaak het. “Haar eie grootwordjare in Suid-Afrika in die 70’s en 80’s is baie soortgelyk aan Aretha se grootwordjare in Amerika in die 50’s en 60’s. Sy [Liesl] het ’n diepte aan haar.”

Deesdae sit die wêreld regop, gereed vir nóg uit Suid-Afrikaanse geledere . . .

My passie is om SA stories te vertel

Skrywer en regisseur Amy Jephta

Sy kan(2020), Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2022-Oscars was nie, sê Amy Jephta. Sy is skrywer, regisseur en medevervaardiger van dié fliek wat handel oor ’n matriarg wat haar vervreemde familie probeer bymekaar bring vir Eid-al-Fitr om die nuus van haar nuwe romanse te deel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Die Taylor Swift Effek
Ek is geen Swifty nie. Haar stem, beeld en hoofstroompopklank is vir my fifty shades of beige and vanilla. As die pa van ’n tienerdogter en ’n liefhebber van woord- en storievertelkuns, is ek egter ’n groot bewonderaar. En nes duisende ander joernali

Related