SARIE

Fynbos HÚL MUSE

Fynbos bekoor, begogel, inspireer . . .

Kunstenaars, kosliefhebbers, die skeppers van jenewer, parfumeurs – álmal gebruik dié “plantambassadeur” van Suid-Afrika.

G’n wonder ons nasionale blom is die protea nie.

Daar is tot 9 000 fynbosspesies in die kusstrook en bergreekse wat in ’n halfmaan strek vanaf Clanwilliam in die Wes-Kaap tot Gqeberha in die Oos-Kaap.

“Sowat 68 persent van dié spesies kom nét in dié streek, die groter fynbosgebied, voor,” vertel Rupert Koopman , botanis en bewaringsbestuurder van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika. “Ongelukkig word baie veldspesies bedreig weens die mens wat nie sorgsaam met die natuur omgaan nie.”

As kind is Rupert dikwels saam met sy ouers veld toe vir uitstappies. “Fynbos is ‘huis’,” sê hy. Ook hý deel die wonder van die veld met sy gesin, sodat hulle ’n positiewe verhouding met die natuur kan ontwikkel. Sy sesjarige dogter, Amelia, besoek al sedert haar babadae stedelike parke en tuine in die Kaap saam met haar pa.

Fynbos hou soveel voordele in. Die Khoisan het al besef dit het allerlei medisinale gebruike. Velde wat reg bestuur word, lewer meer water vir ons. “Dit sluit in die stelselmatige verwydering van uitheemse bome met hoë watergebruik, wat natuurlike plantegroei onderdruk,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related Books & Audiobooks