Vlug
Milla wil opstaan, maar haar arms en bene verstaan nie die opdrag nie. Sy wens die geskree wil ophou sodat sy kan dink. Sy proe steeds stof en ruik iets wat brand. Om haar is daar ’n geskarrel, en dan voel sy hoe sy opgelig en haastig weggedra word. Dis vreemde hande, en ’n vreemde lyf wat haar vashou, en sy wil wegbeur.
“Hou op spartel,” hoor sy Graham Saunders naby haar oor sê.
“Sit my neer. Ek moet gaan help.” Sy is nie seker waarmee nie. Wat het gebeur? Waarmee was sy besig toe sy geval het? Sy sukkel om deur die dowwe kol in haar brein te dink.
“Jy is gewond. Hoe meer jy woel, hoe meer bloed verloor jy.”
Milla hoor sy woorde, maar dit maak nie sin nie. Hoe kan sy gewond wees en geen pyn voel nie? Daar is net ’n eienaardige lamheid in haar sy.
Sy hoor ’n deur oopgaan, ander stemme, en voel dan hoe sy op iets hard neergesit word. Sy besef hulle is
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days