Huisgenoot

AGTER DIE LIEDJIES

AANHANGERS WAT REGTIG MEER OOR MY LEWE WIL WEET, MOET NET MY LIRIEKE LEES

EK IS al male sonder tal gevra om ’n outobiografie te skryf, maar die tyd was nooit reg nie. Gewoonlik was ek besig om kinders groot te maak of op toer – nooit ’n ideale situasie vir lang tye van fokus nie.

Maar een ding wat ek altyd reggekry het, of dit tuis of op die pad was, is om nuwe liedjies te skryf. Party mense raadpleeg graag op ’n sekere ouderdom ’n dagboek om daaglikse gebeure uit die verlede te onthou, maar ek het nie sulke notaboeke nie. Wat ek wel het, is my liedjies – honderde daarvan – en hulle dien feitlik dieselfde doel.

Daardie liedjies strek oor my hele lewe, want selfs op 14 jaar, toe ek my eerste kitaar in ons huisie in Liverpool gekry het, was my instink om liedjies te begin skryf.

Wat verstommend is, is dat John Lennon by die huis van sy tannie Mimi iets soortgelyks begin doen het. Toe ons mekaar die eerste keer ontmoet en vir mekaar wys wat ons geskryf het, het ons gou besef liedjies skryf fassineer ons albei, en as ons saamwerk, kan ons dinge baie verder voer.

Sedertdien kon ek nog nooit ophou nie. Mettertyd het ek elke liedjie as ’n nuwe raaisel begin beskou. Dit sou lig werp op iets wat op daardie oomblik in my lewe belangrik was, al was die betekenisse daarvan nie altyd

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Beer Adriaanse
Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Toe ek tweedejaar en 20 was. Ek het ’n afro gehad, was sorgeloos en die wêreld was eenvoudig. Waaroor is jy spyt? Oor die kere in my lewe waar ek nie myself was nie of oneerlik met myself was. Hoe sal die me
Huisgenoot2 min read
Majozi
As tjokker in Durban het musiek ’n groot impak op sy lewe gehad. “My ouers was lief daarvoor om na klassieke en gospelmusiek te luister. Ek was self ook mal oor kinderrympies,” sê Majozi (36), bekend vir sy treffers “Fire”, “Darling” en “Mi Amor” saa
Huisgenoot1 min read
Foto Van Die Week
HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENIS ■

Related