Huisgenoot

BEDSAKE DEUR DIE DEKADES

JONGER EN OUER MENSE BELEEF OOR DIE ALGEMEEN VERSKILLENDE UITDAGINGS WAT SEKS BETREF

DIT is ’n hoeksteen van ’n gesonde, gelukkige verhouding, maar tog iets waaroor ons selde praat. Boonop verander die uitdagings rondom jou sekslewe namate jy ouer word – dit wat gekarring het in jou 30’s, is heel anders as dit wat dalk in jou 60’s pla.

Maar dit maak nie saak hoe oud jy is nie, jy kan ’n vervullende sekslewe hê, meen kenners. Ja, sê hulle, hoe jou sekslewe lyk, verander deur die dekades, maar daar is altyd dinge wat jy kan doen om dié veranderinge te akkommodeer en jou slaapkamersake op koers te hou.

Jonger en ouer mense beleef oor die algemeen verskillende uitdagings wat seks betref en ervaar dit anders, sê dr. Elmari Mulder Craig, ’n seksuoloog en verhoudingsterapeut van Pretoria. Die veranderinge hou veral verband met hoe ’n mens se lyf verander, emosionele oorwegings, gemaklikheid en hormone, maar ook met jou praktiese werklikheid.

Hoewel baie mense voor hul 30’s en 40’s kinders kry, is dit veral in dié dekades waar paartjies versigtig moet wees dat hul rolle as ouers nie hul sekslewe oorskadu nie. “Ná ’n swangerskap duur dit ook ’n geruime tyd voor die vrou se hormoonvlakke weer gestabiliseer het en natuurlik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Help, Dis IBS
Prikkelbare dermsindroom (IBS) is soos daai irriterende familielid wat net nie weet wanneer om huis toe te gaan nie. Soms kom kuier hulle ongenooid en bly vir ure, en dan sukkel jy om van hulle ontslae te raak. Dit kan ’n groot, pynlike en ongemaklik
Huisgenoot5 min read
Die Von Trapps? Nee, Die Van Biljons
PETORIA is dalk ver van die sneeubedekte pieke van Oostenryk, maar moenie verbaas wees as jy hier ’n ma, pa en rits singende kinders, nes die Von Trapps uit The Sound of Music, teëkom nie. Een gesin, vier kinders, en ’n klomp optredes op nasionale en
Huisgenoot1 min read
Dís Net So Cool
op Netflix vanaf 17 Mei Jammer om die nuus te breek, maar unicorns bestaan nie. Ponies wel. En daar is een wat wens sy was ’n beroemde musiekster- unicorn! Thelma droom daarvan om ’n sanger te wees en op die wêreld se grootste verhoë haar musiektalen

Related