Huisgenoot

VIER ’N Somerkersfees

SPYSKAART

DIE lekkerte van hierdie spyskaart is dat alles reeds die dag vooraf gemaak kan word. Net die finale bymekaarsit en afronding is op Kersdag nodig.

Kerskransvisvorm

Geurige lamsboud met chimichurrisous

Hoenderterrien

Gerookte varkboud in gemmerlim

Nektarienslaai met avokado

Speserybruinrysslaai

Jongaartappelslaai met kruievinaigrette

Groenslaai met soet papawersaadvinaigrette

Feestelike pawlowa

Swartwoudkoekstruif

KERSKRANSVISVORM

Dié romerige visvorm is ideaal om vooraf aan te peusel saam met ’n beskuitjie by ’n koue Kersete.

GENOEG VIR 4-6

MENSE BEREIDING: 20 MIN.

STOL: OORNAG

2 x 185 g-blikkies tuna, in water verpak, gedreineer (of gerookte snoek of makriel, gevlok)
4 stingeluie, fyngekap
’n groot hand vol pietersielie, gekap
125 ml (½ k) son droë tamaties in vinaigrette, gekap
230 g geroomde maaskaas
180 ml (¾ k) mayonnaise
sap en gerasperde skil van ½ suurlemoen
sout en swartpeper na smaak
’n knippie suiker indien nodig
’n spatsel tabascosous (opsioneel)
20 ml (4 t) gelatien
20 ml (4 t) koue water
100 ml kookwater
’n hand vol bevrore gaar-gestoomde garnale (opsioneel)

AFRONDING

kleurvolle babatamaties mikrokruie

VIR VOORSIT

suurdeegbroodbeskuitjies of geroosterde minipitas of minitortillas of enige beskuitjies soos verkies
’n verskeidenheid olywe

Voer ’n ronde ringvorm uit met kleefplastiek of

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related