Huisgenoot

Kook met kruie

BENEWENS dat ek daarvan hou om sommer bondels kruie by vleis en groente in te druk voor dit oond toe gaan, verwerk ek dit ook graag in allerhande vinnige souse wat ek in ’n kitskoffieflessie skep en in die yskas hou. Dis ideaal as jy vinnig moet kos maak. Op dié manier word al die kruie, wat andersins onder in die groentelaai vergete sou bly, goed hergebruik.

ROMERIGE WITWYNHOENDER MET ’N KRUIEBOSSIE

’n Bouquet garni of kruiebossie bestaan uit klassieke kruie soos roosmaryn, tiemie, pietersielie en lourierblare wat in ’n bossie gebind word en dan aan veral vleis- en stowegeregte geur gee.

GENOEG VIR 4 MENSE

BEREIDING: 30 MIN.

GAARMAAK: SOWAT ’N UUR

KRUIEBOSSIE

1 takkie elk roosmaryn,
tiemie en pietersielie
2 lourierblare

HOENDER

8 hoenderporsies; -dytjies
en -boudjies
sout en peper
30 ml (2 e) olie
6 piekeluie, geskil
3 preie, in ringetjies gesny,
goed afgespoel
4 knoffelhuisies,
fyngedruk
80 ml (⅓ k) brandewyn
(opsioneel)
500 ml (2 k) witwyn

AFRONDING

250 g heel bruinsampioene
250 ml (1 k) room

VIR VOORSIT

growwe geel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related