Huisgenoot

MAAK NUUT MET OOR-SKIET

AANDETE BOTTERBIE SOSATIES

GENOEG VIR 6 MENSE

BEREIDING: 15 MIN.

MARINEER: 30 MIN.

GAARMAAK: 10 MIN.

1 kg kruisstuksteak, in skywe van 3 cm dik gesny
1 x 450 g-fles klaarbereide botterhoendersous

SLAAI

3 groot wortels, in linte gesny met ’n groente-skiller
’n hand vol radyse, in dun skyfies gesny
’n hand vol vars koljanderblare, gekap
60 ml (¼ k) amandelvlokkies, lig gerooster
60 ml (¼ k) korente
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap

VIR VOORSIT

poppadoms
natuurlike jogurt

Week 12 sosatiestokkies goed in water en hou dit byderhand.

1 Plaas die steak in ’n marineerbak en giet die helfte van die botterhoendersous daaroor. Laat 30 min. marineer. Skakel intussen die oondrooster aan.

2 Ryg ewe groot stukke gemarineerde steak aan die geweekte sosatiestokkies. Rooster 5-6 min. of tot deurgaar.

3 Slaai Meng intussen al die slaaibestanddele in ’n groot bak.

Bêre 4 sosaties en 500 ml (2 k) slaai vir môre se middagete.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related