Huisgenoot

MOET MY NIE KITSCH NOEM!

DIE wêreld se bes verkopende lewende kunstenaar kies stadig koers oor ’n elegante Florentynse plein. Fotograwe koek soos ’n swerm honger seemeeue om Jeff Koons saam. Dis die bekendstelling in Italië van sy eerste groot rsigtentoonstelling en hy trek die soort aandag wat gewoonlik net ’n Hollywood-ster beskore sou wees.

Jeff (66) is een van ’n handvol bekendes in die wêreld van visuele kuns wie se naam skares na museums lok. Hy is ook een van die verdelendste figure wie se beeldhouwerke teen tienmiljoene dollars aan die superrykes verkoop word.

Die afgelope 25 jaar het die geledere van die aantal individue met ’n hoë netto waarde aangegroei en tot ’n ontploffing in die kontemporêre kunsmark gelei. Volgens artprice.com het die prysindeks vir kontemporêre kuns aan die begin van die Britse somer van 2021 ’n rekordhoogtepunt bereik – met prysstygings van 400% sedert die vroeë 2000’s.

Net in die afgelope jaar is kontem verkope uit. Jeff is een van hulle, en Banksy is nog een.

‘KOONS DINK WERKLIK HY IS MICHELANGELO EN IS NIE SKAAM OM DIT TE SÊ NIE’

Jeff het in 2019 die topverkoperkunstenaar geword toe sy vlekvryestaalbeeld Rabbit, wat op ’n kind se opblaashasie gegrond is, teen R1,2 miljard aan ’n miljardêr-skansfondsbestuurder verkoop is.

Jeff lyk eintlik meer soos ’n Wall Streetbankier as ’n gekwelde kreatiewe siel. Hy was dan ook ses jaar lank ’n kommoditeitshandelaar voor hy voltyds kunstenaar geword het. Vandag verdeel sy werk die kunswêreld tussen dié wat meen hy’s ’n siniese

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related