DIE SLEUTEL
Die droogte van 1933 het Namakwaland en die Boesmanland in ’n wurggreep gehad en almal het swaargekry. Dit was naelbyt-jare en alles was skaars.
Broodmeel was só skaars dat die vroue rogbrood moes bak, wat maklik toegeslaan het en só hard was dat jy jou mes daarop kon slyp. Met die boere het dit veral broekskeur gegaan.
Hulle kon nie hul diere verkoop kry nie, want hulle was te maer en daar was nie geld nie. Wanneer die boere swaarkry, ly die gemeente ook daaronder, want die boere is maar die ruggraat van die plattelandse gemeenskap. Die meeste kinders het ná 16 die skool verlaat omdat die ouers te arm was om hulle verder op skool te hou of miskien universiteit toe te stuur.
Só het Loeriesfontein se gemeente ook gesukkel om kop bo water te hou. Die boere het gesukkel om hul wolletjies te verkoop, en die oorloper-mofhamels het nie prys gehad nie. Die spekulant was die een wat die septer geswaai het en die arme boere moes maar vat wat hulle aangebied is. Die ooie het nie melk gehad nie en die meeste lammers is keelaf gesny om hul ma’s te red.
Loeriesfontein se dominee het, soos die gebruik in elke
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days