Weg! Ry & Sleep

Kom raak weg in die Weskus

Daar is ’n gesegde wat lui die Weskus is die Beskus. Die mense wat dié gesegde gebruik, is klaarblyklik nie lief vir tropiese strande vol blink lywe, sonsambrele en roomysverkopers nie. Hulle is ook nie gaande oor strandoorde, promenades of selfs warm seewater nie, want dié goed is skaars in die Weskus. Nee, jy raak verlief op die Weskus juis omdat dit ’n kuslyn is met ’n unieke – en soms rowwe! – karakter.

Jy kan immers nie die Weskus beskryf sonder woorde soos snoek, kreef, bokkom en swartmossel nie. Jy sal ook moet vertel van die suidooster, bamboes en soutslaai. En jy moet die verskil tussen ’n visskuit en ’n viskuit kan verduidelik.

Hierdie dinge is volop op plekke soos Tietiesbaai, Dwarskersbos, Papendorp en Hondeklipbaai. En hoe verder noord jy met die kuslyn reis, hoe meer ontdek jy ook Namakwaland se blomme, die Diamantkus se hawedorpies en die Richtersveld se klipwoestyn.

Ja, die Weskus het beslis baie wat wag om ontdek te word, en daarvoor het jy meer as net ’n langnaweek nodig. Volg hierdie roete van die Kaap tot by die Namibiese grens om die héle Weskus van jou emmerskoplysie af te tik.

oor waar die Weskus werklik begin: Net duskant Kaappunt se vuurtoring of eers anderkant Kaapstad se stadsgrens by Bloubergstrand? Of meet jy dit al die pad van Kaap Agulhas af? Hoe ook

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep3 min read
Stellantis slaan ’n 6
In hierdie uitgawe wyk ons af van die gewone ry-indrukformaat omdat ons by een geleentheid verskeie voertuie getoets het. Dit dien ook sommer as ’n kykie agter die skerms op wat dikwels by voertuigbekendstellings gebeur. Maar kom ons begin by die beg

Related