Weg!

Duine sonder grense

Wanneer die Botswanagogga jou eers byt, laat hy nie sommer los nie. Die afgelope twee jaar was maar erg frustrerend met gekanselleerde vakansies… Selfs al is Botswana weer oop vir beperkte besigheid, sorg die vrees vir ’n nuwe Covid-19-golf dat reisigers nog huiwerig is om buite ons landsgrense te toer. Gelukkig kan jy die Botswana-kant van die Kgalagadi-oorgrenspark besoek sonder om ’n enkele stempel in jou paspoort te kry!

Daar is basies twee dele aan die Botswana-kant waar toeriste kan oornag en wild soek. Die afgesonderde Kaagedeelte lê in die noordwestelike hoek van die park en die meer gewilde Mabuasehube-deel (sien kaart op bl. 83) is in die ooste van die park – dié artikel fokus op Mabua, soos dit kortweg bekend staan.

In September 2021 het brande deur die Botswana-deel van die park gewoed en sowat 1,6 miljoen hektaar veld afgebrand. Dis amper die helfte van die oppervlak van die oorgrenspark (die SA-kant is net ligweg geraak danksy SANParke se brandbestrydingspogings). Doen navraag wanneer jy bespreek. Die Polentswa Lodge, een van net twee lodges in die Botswana-deel, is beskadig en die nabygeleë kampplek ligweg verniel (al die kampplekke in die Botswana-deel is steeds oop vir besprekings).

Sien ook ons akkommodasiegids vir hoe om te bespreek (bl. 120), en vir inligting oor die wildernisroetes in die park (bl. 121).

Hier is vyf dinge om in gedagte te hou wanneer jy die Botswana-deel,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related