BINNE DIE PARK: BOTSWANA
44 Kampplekke in die Botswana-kant van die oorgrenspark
Soos in ander Botswana-parke word verskillende kampplekke deur verskillende instansies bestuur. Die meeste van die kampplekke is in die oostelike deel, Mabuasehube.
Die kampplekke genaamd Mabuasehube en Mpayathutlwa (albei in Mabua) word deur die Inter Tourism Group bestuur.
Die res is openbare kampe en word bestuur deur die DWNP (Botswana se departement van wildlewe en nasionale parke): Entrance Gate, Bosobogolo, Monamodi, Lesholoago, Khiding, Matopi, Sizatswe, Thupapedi, Kaa, Swartpan, Gnus Gnus, Polentswa, Rooiputs en Two Rivers.
Drie kampplekke langs die wildernisroetes word ook deur DWNP bestuur: Sesatswe, Lang Rambuka (Polentswa-wildernisroete – neem drie dae om te voltooi) en Mosomane (Mabua-Nossobwildernisroete – neem twee dae om te ry).
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days