Huisgenoot

VYF JAAR VAN HOOGDRAMA

DIT is ’n moordverhaal met al die elemente vir ’n blitsverkoper of rillerfliek. In die hoofrolle: ’n suksesvolle sakeman, sy pragtige, blonde vrou en sy ewe aanvalllige donkerkopminnares. Dis ’n plofbare liefdesdriehoek, en toe hulle hulle saam by ’n konferensie in ’n luukse hotel op ’n skilderagtige wynlandgoed bevind, loop die gemoedere hoog. Die naweek eindig tragies toe die blonde vrou se lewelose liggaam agter ’n toe badkamerdeur aangetref word.

Was dit selfdood – of dalk moord?

Maar dié moordraaisel wat Suid-Afrikaners al meer as vyf jaar lank boei, is geen fiksie nie. Agter die nuusopskrifte en hofverskynings is ’n tragedie van verwoeste lewens en bedroefde familielede.

Die dood van die blonde Susan Rohde (47) het haar dogters – ’n 21-jarige tweeling en hul 23-jarige ousus – en ander familielede verpletter, en dit het Jason Rohde (52), eens die uitvoerende hoof van die eiendomsagentskap Sotheby’s in Suid-Afrika, agter tralies laat beland nadat hy skuldig bevind is aan haar moord.

Ook sy voormalige minnares en kollega by die eiendomsagentskap, Jolene Alterskye (nou 41), se lewe het ingrypend verander toe hul eens geheime affair voorbladnuus word. Sy het dreigende e-posse ontvang en party kliënte van die eiendomsagentskap het geweier om met haar saam te werk, het ’n bron aan vertel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related