Kuier

Mrs Jones STAAN STERK

“EK HET NOOIT GEDINK DIT GAAN MET MY GEBEUR NIE. ’N BEROERTE WAS DIE VERSTE VAN MY GEDAG-TES AF.”
INGRID JONES

As een van die gasvroue op die gewilde TV-geselsprogram Tussen Ons, het Ingrid Jones baie vinnig haar pad tot in mense se harte ingepraat. En op 59 skitter haar ster én styl helderder as ooit en luister almal wanneer Ingrid praat – of dit nou op TV, in haar skryfstukke of op sosiale media is, want sy is ’n wyse, insiggewende en bowenal ’n ongelooflike sterk vrou.

Jy kyk na Ingrid in haar interessante en kleurryke uitrustings en wat sy al vermag het en steeds vermag, en nooit sal jy sê hierdie vrou is tans in die stryd van haar lewe gewikkel nie. Want sy kla nooit nie en maak nie saak wat nie, Ingrid daag op en kry die werk gedoen. Net soos wat sy net ’n paar dae ná haar beroerte opgedaag het om haar plek in haar Tussen Ons-stoel te vul.

Maar terwyl sy doen wat sy moet doen, is haar man, Peter (72), die heeltyd in haar agterkop en moet sy heeltyd op haar hoede wees vir wat met hom kán gebeur. Peter het in 2019 ’n massiewe beroerte gehad terwyl hy Ingrid vergesel het op ’n werksaangeleentheid in Mauritius. Ingrid se hele lewe het met Peter se beroerte handomkeer en binne ’n oogwink verander,want hy sal nooit weer kan praat en nooit weer kan loop nie. Die skade wat die beroerte aangerig het, was te groot.

Ingrid was van dag een af openlik hieroor op haar sosiale media en gee gereelde updates oor hoe dit gaan met hul gesin, wat bestaan uit haar, Peter en hul dogter, Malaika (22). Malaika is die paartjie se enigste kind.

BEROERTE

In daai oomblik wat Peter sy beroerte gehad het, het Ingrid by wyse van spreke ook haar man en go-to person verloor. Hulle is nou 22 jaar getroud. Peter is fisies nog hier, maar is nou ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related