Jupiter speel Kupido
EN TOE gebeur dit weer. Edna kners op haar tande. Vanaand is die aand dat sy haar buurman se hond iets gaan aandoen. Sy weet nie wát nie, maar sy gaan nie weer die gemors skoon maak nie.
Sy storm by haar voordeur uit met die besem in haar hand. Vergete is die feit dat sy haar oudste japon aanhet en ’n handdoek om haar kop omdat sy sopas hare gewas het.
Edna woon in ’n meenthuis aan die suidekant van die stad. Haar lewe was vreedsaam tot die nuwe buurman so ’n maand terug ingetrek het. Die eintlike bron van ergernis is sy groot, uitgevrete hond. Die heining is net nie hoog genoeg om die dierasie binne te hou nie, en telkemale is dit háár vullisdrom wat met ’n lawaai omgekeer word.
Die reël van “Geen troeteldiere” geld seker nie vir die adonis wat nou langs haar bly nie. As dit nie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days