Kuier

Tamaryn VIND VREUGDE

Sy is mooier as mooi, slim én dierbaar en in 2021 is die beeldskone voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green (27) aan die begin van ’n nuwe hoofstuk in haar lewe, met ’n nuwe loopbaan, ’n handsome verloofde en ’n klomp drome vir haar toekoms.

Nadat sy in 2019 as mediese dokter gekwalifiseer het, het Tamaryn die glitz en glamour van skoonheidskompetisies en die glanslewe verruil vir scrubs en die chaos van hospitale se ongevalle-sale – ’n behoorlik vuurdoop met die uitbreek van die Covid-19-pandemie.

Kuier het met haar gesels die oggend ná ’n 12 uur lange nagskof en hoewel sy uitgeput was, was sy steeds die vriendelike, vrolike mens wat die publiek in haar glansjare leer ken het.

Tamaryn is tans besig met haar tweede jaar van internskap by ’n hospitaal en in klinieke in Gauteng. Dié provinsie het kwaai deurgeloop onder die derde vlaag van Covid-19 – erger as wat enigiemand ooit sou kon dink.

“Die derde golf was beslis erger as die vorige twee as gevolg van die ekstreme hoeveelheid gevalle. Die ongevalle waar ek werk, is waar alles gebeur, waarheen almal kom as hulle siek is en selfs ek het nie soveel pasiënte verwag nie,”vertel sy.

“Ons ongevalle was volgepak met mense, met suurstof-apparate oral, mense wat dit deel…”

Daar was selfs tye

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related