Weg! Platteland

Peule propvol geur

Ertjiesop met gerookte varkskenkel

Ertjiesop laat my dadelik dink aan my laerskooldae in die koshuis – die ertesop wat ons dáár moes eet, het gemaak dat ek tot vandag toe nog puntenerig is oor sop. Dié lekker resep wat ek in die grendeltyd probeer het, het my van deuntjie laat verander.

Genoeg vir 4-6

Bereidingstyd 30 minute plus 1 uur staantyd

Gaarmaaktyd ± 3 uur

JY BENODIG

200g droë ertjies
2 uie, grofgekap
2 wortels, grofgekap
2 selderystele, grofgekap
1 heel gerookte varkskenkel van ongeveer 1kg, in vars water gewas en met kombuispapier drooggedruk
300g bevrore ertjies
sap en skil van 1 groot suurlemoen
croutons om voor te sit
suiker-ertjies of roketblare vir garnering

SÓ MAAK JY

Spoel die droë ertjies onder koue water af. Gooi dit dan in ’n diep bak, bedek dit met vars koue water en laat dit vir ’n uur staan. Verhit intussen die oond tot 180ºC en smeer ’n groot oondbak of -pan met olie. Pak die ui, wortel en seldery daarin en sit die varkskenkel bo-op. Geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper en bak dit vir 1½ uur.

Skep die vleis, groente én pansappe oor in ’n diep kastrol. Voeg 2ℓ water by. Dreineer die droë ertjies en gooi dit ook in die kastrol. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir 1-2 uur prut of tot die skenkelvleis van die been af begin loskom. Skep die varkskenkel uit die sop – probeer om al die vleis, vel én die been uit te kry – en hou dit eenkant. Voeg die bevrore ertjies, suurlemoensap en -skil, en sout en varsgemaalde peper na die smaak by. Gebruik ’n staafmenger om die mengsel fyn te pols. Skep die skenkelvleis, -vel en -been terug, proe weer en geur die sop, indien nodig.

Sit dit voor met croutons en vars heel suiker-ertjies of roketblare vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related