Idees

DÍNK JOU DROME WAAR

Dis die eerste keer in ’n lang tyd dat ons weer kuier. Ons kos is prentjiemooi en ons sit buite by ’n ou Stellenbosse wynlandgoed en praat ons harte uit.

Ek en my vriendin van Matie-dae Sonja Burger gaan haal dinge ver. Dis tyd vir opvang. Albei se ouers word ouer, ons onthou koshuismaters, sommige reeds oorlede. Sy vertel van haar kinders, ek oor myne (viervoetig, die katers). Ons praat oor ons drome. Hoe ons hoop om dit waar te maak.

En so beland ons by visualisering.

Ons albei glo vás daaraan. Sy kom dit dikwels teë as skrywer vir internasionale geestesgesondheid-apps. Ek self het al meermale gesien hoe dit werk.

Ek glo as ’n mens sekere behoeftes uitstraal, is dit asof die kosmos luister.

Nie dat ek dink énigiets is binne ’n mens se bereik nie. Ons woon nie in Lalaland nie. Dit is byvoorbeeld bog, soos sekere motiveringsprekers (of -boeke) predik, dat jy ‘enigiets’

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees6 min read
Hang Uit!
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ron
Idees2 min read
Uitmekaartrek-filodeegtert
Genoeg vir: 8-10 Bereidingstyd: 1 uur Baktyd: 1 uur Oondtemperatuur: 180 ºC ♥ 240 g (250 ml) roomkaas ♥ 50 ml fetakaas (opsioneel) ♥ 10 ml gerasperde lemoenskil ♥ 110 g (125 ml) strooisuiker ♥ 500 g filodeeg ♥ 120 ml gesmelte botter ♥ 375 ml melk ♥ 5
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu

Related