Huisgenoot

BOK TEEN LEEUS NET DAAI EEN KEER …

‘DIT is seker die belangrikste toetswedstryd in Suid-Afrika se geskiedenis,” het die stem van die legendariese rugbykommentator Gerhard Viviers vol opwinding op ’n Saterdagmiddag in 1974 oor die radio opgeklink.

Maar meer as vier dekades later het daardie toets – waarin die Springbokke ’n nederlaag van 26-9 teen die besoekende Britse Leeus gely het – al in die geheue vervaag, selfs vir van die destydse draers van die Groen-en-goud.

Tot op ’n Woensdagmiddag in Maart 2019 toe een van hulle, Dugald MacDonald, oudergewoonte in ’n tweedehandsboekwinkel in Kalkbaai, Kaapstad, gaan rondsnuffel en op ’n stapel ou Huisgenote van die 1960’s en 1970’s afkom.

Al was sy kennis van Afrikaans in sy skooldae maar skraps, het sy ma gereeld vir hom gekoop wanneer daar op die middelblad ’n plakkaat van ’n rugbyspeler verskyn het. Hy het dit dan uitgeskeur en teen sy kamermuur opgeplak, onthou Dugald terwyl hy deur die stapel tydskrifte blaai.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related