Landbouweekblad

OP MY HERKOMS SE SPOOR

Ek en my vrou, Lizette, het vir twee weke in Duitsland by twee Duitse gesinne gebly wat dieselfde hartstog as ek deel: boerdery en jag. Die eerste gesin is Jurgen en Juta Böhm wat in Messdorf, sowat 200 kilometer wes van Berlyn, boer. Hulle boer op grond wat Juta geërf het. Hulle het dit ná die Tweede Wêreldoorlog verloor, maar ná die val van die Berlynse Muur in 1989 teruggekry.

Hul boerdery behels ’n melkery met biogas as neweproduk waarmee krag opgewek word. Hulle verdien meer met die koeie se mis as met die melk! Jurgen rig ook karperde en hul bestuurders af.

In Duitsland moet jy ’n lisensie hê om ’n perdekar te dryf. Timmy, ’n jong Poolse vriend van die Böhms, het ons op ’n perdekar, getrek deur twee pragtige swart perde, op ’n toer deur Messdorf geneem.

Jurgen het al wêreldwyd gejag. Die jag wat vir hom uitstaan, was die een in Kanada op soek na ’n bergbok. Hy en sy beroepsjagtergids het met ’n amfibiese vliegtuig op ’n meer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro

Related