Huisgenoot

Wol is ’n wonderproduk!

AS JY in Suid-Afrika woon, sal jy verskoon word as jy dink alle wol kom van skape. Want hoewel skape die hoofwolbron is en Suid-Afrika 2-3% van die wêreld se wol verskaf, is daar verskeie diere insluitend bokke, hase, kamele en alpakkas wat wol verskaf. Waar sysagte wol gewilder is vir truie, musse, serpe en sokkies, word sterker wol weer vir matte gebruik. Suid-Afrika voorsien in al hierdie behoeftes.

WAAR KOM SKAAPWOL VANDAAN?

Die storie van wol is amper so oud soos die berge. Argeologiese bewyse uit Iran toon dat skape reeds 5 000 jaar gelede vir hul wol begin teel is. Die vroegste wolklere wat al gevind is, is tussen 3 500 en 6 000 jaar oud. Skape is reeds deur die mense van die Steentydperk vir kos en klere gebruik.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related