Weg! Platteland

Soete seëninge

‘Nee Meneer, hier in ons wêreld is dit seker al ses, sewe, ágt jaar so verdomp droog dat ’n man nie eens meer kan droom nie,” kla ’n verinneweerde kêrel op die hoek van Hugenoot- en Dominee Pienaarstraat wat bakhand nader staan vir ’n “ou-R5’tjie-vir-’n-halwe-brood”.

“Ons bid vir reën, Meneer, ons bid hárd, maar stof is al wat ons kry. Stofstof-stof net waar jy kyk…”

Skaars 300m en ’n effense linksswenk verder, by Voortrekkerstraat 59, lyk dit of die huismense, soos die res van dié Karoodorpie, uit radeloosheid maar met stof begin boer het. ’n Paar vyebome op die erf het lankal in kraakdorre geraamtes verander en die verskrompelde, ylbeblaarde witkarees lyk of hulle op hulle laaste bene staan.

Tog gewaar jy by die hek ’n groot, geilgroen naambord met die kenmerkende pers wasseël wat op al Karoo Blessings se boksies handgemaakte nougat pryk.

Boaan, in die grootste letters, staan “Storie van hoop”, gevolg deur Marian Esterhuizen se selnommer, en onder dit: “Jesus se Sweets Fabriek.” Nou toe nou: Op die wérf word daar altemit met stof geboer, maar in die fabriek loop die eierwit, suiker én hoop klaarblyklik soos stroop.

“NEE! NEE! JULLE KAN NIE nou al hier wees nie – kyk net hoe lyk die twee CEO’s! Ons het nog nie eens ons hare gekam nie! Waar’s ons voorskote en spesiale haarnethoedjies? Julle sal mos dat ons die gesondheidsinspekteur ’n toeval

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland15 min read
Woeker Met Winter Se Oorvloed
BEDIEN BY DIE KAGGEL SAAM MET ’N STORIE Turkse rooilensiesop met Persiese platbrood DEUR NA DIE TAFEL WAAR BIBER DOLMAS KLAAR GEDEK IS Soetrissies vol stampkoring, korente en dennepitte OPGEDRA AAN PA SE RIEMPIESTOEL Wildspastei met speserykoejawel ‘
Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou

Related