Weg! Platteland

Koffie & brood van die lewe

Wie is so gek – óf so diep gelowig – om op Aprilgekkedag 2002 in die middel van nêrens ’n padstal met ’n bakkery en ’n belofte van boeretroos (teen R5 per koppie!) oop te maak – en dít nog met ’n tong in die kies naam soos Broodblik en Koffiepit?

Wel, in hiérdie storie is daar drié “skuldiges”, en hulle wag met breë glimlagge in, soos dit mense betaam wat agtien jaar later die laaste – en lekkerste – kan lag. Voor in die koor is die vrolike oud-SAL-lugwaardin Adéle Bester wat in 2005 aangesluit het by die familiebesigheid wat begin is deur haar ma, Letitia van Schoor, en dié se wederhelfte, Sarel, ’n rekenmeester met ’n onpeilbaar geamuseerde uitdrukking op sy gesig. Van voorkoms en stem herinner hy aan die storieverteller wyle Tolla van der Merwe, maar hierdie einste Sarel is in werklikheid die een wat destyds keelvol was vir sy stresvolle lewe op die hamsterwieletjie. (Hy en Letitia het by

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl!
Elsje Becker is ’n vrou met murg in haar pype en oemf in haar spiere. Hoe anders nadat sy ’n spannetjie van vier woelige seuns, die een ’n groter (selferkende) petrolkop as die ander, grootgemaak het? Dié ouma van sewe en grootjie van een is ’n vrou
Weg: Platteland2 min read
Vrede In Die Eenvoud
Ek het al gewonder, as ek die bome en strate van my omgewing verlaat vir die stilte en die oopte van die Suid-Kaap se paaie, waarom ek juis dáár makliker ’n filosoof sou kon wees. Dalk is dit die eenvoud van die natuur wat dan plek maak vir gedagtes,
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi

Related