Baba & Kleuter

Op dreef as NUWE MA

Ná jou baba se geboorte moet jy stadig maar seker aan jou nuwe status as ma gewoond begin raak. Hierdie aanpassingsproses word deur kenners in drie fases verdeel: inneem, beheer en loslaatfase.

Elke vrou beweeg teen haar eie pas deur hierdie stadiums, afhangende van die geboorte en omstandighede ná die geboorte.

INNEEMFASE Dis die eerste paar dae ná die geboorte wanneer jy nog onseker is oor wat van jou verwag word. Jy is baie afhanklik van ander om jou fisiek en emosioneel met jou baba te help.

Jy kan ook besluiteloos voel en onseker wees oor of jy altyd die regte ding doen.

Dis normaal dat ’n nuwe ma aanhoudend die geboorteproses herleef deur daaroor te praat. In die eerste paar dae sal jy meer selfgesentreerd, sensitief en hoofsaaklik behep met jou eie herstel wees. Dit is ook baie normaal.

Hierdie fase skop in wanneer die herstelproses goed op dreef is. Jy is meer gemaklik daarmee om na jou baba om

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter4 min read
Maak Ma Wees Weer Pret!
1. Noem jouself sommer Mamma da Gama, want as ma kan jy elke dag saam met jou kinders ontdekkingsreisiger speel. Wat is nou lekkerder as om opnuut te ervaar hoe potblou die lug is, of om vir die heel eerste keer die groen gras onder jou voete te voel
Baba & Kleuter1 min read
Eetklei, Speelklei
■ 250 ml (1 k) hawermout■ 125 ml (½ k) meel■ 125 ml (½ k) water 1. Meng die hawermout en meel saam en voeg die water bietjie vir bietjie by tot jy gelukkig is met die dikte en tekstuur. Jy kan meer of ’n bietjie minder water nodig hê. Voeg nog meel
Baba & Kleuter6 min read
Mamma, Is Ek Vet?
Kinders van vyf wat eetversteurings het? Ja, sê navorsers aan die Universiteitskollege van Londen se instituut van kindergesondheid, wat ’n studie onder kinders tussen vyf en 13 jaar oud gedoen het. Hulle het bevind dat drie uit elke 100 000 kinders

Related